Neville Andre
Neville Andre | |
Goewerneur van Erongo
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 7 April 2020 | |
Voorafgegaan deur | Cleophas Mutjavikua |
---|---|
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Neville Andre-Itope |
Politieke party | SWAPO |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van Namibië Harvard-universiteit Universiteit Stellenbosch |
Neville Andre-Itope (gebore 1979 of 1980 in Walvisbaai, Suidwes-Afrika) is 'n Namibiese politikus en die goewerneur van Erongo.[1]
Andre het sy skoolloopbaan in Walvisbaai voltooi voordat hy na die hoofstad, Windhoek, verhuis het. Hy het politieke wetenskap en geskiedenis aan die Universiteit van Namibië gestudeer en 'n BA-graad verwerf. Andre het ook aan beide Harvard-universiteit in die Verenigde State en die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika gestudeer.[2]
Andre was al op 'n jong ouderdom polities aktief en het by die SWAPO-jeugliga aangesluit.[3] Hy het vir meer 12 jaar as 'n kabinetsekretaris gewerk.[2] Andre is op 7 April 2020 as die goewerneur van Erongo verkies.[4]
Andre is getroud en het twee kinders. Hy het al talle liggaamsboukompetisies gewen.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "New governor for Erongo region". www.erongo.com.na. 9 April 2020.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Meet Governor Neville Andre-Itope. Namib Times, 17 April 2020.
- ↑ Deckers, Florian (1 November 2016). "Presidential adviser lobbies city". The Namibian. Besoek op 21 Julie 2020.
- ↑ "Geingob names eight new regional governors". Newer Alive. 8 April 2020. Besoek op 21 Julie 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Governor
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Duitse Wikipedia vertaal.