Noot vir Noot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Noot vir Noot
televisieprogram
Oorspronklike netwerkSABC2Wysig
Land van oorsprongSuid-AfrikaWysig
Ligging van verhaalSuid-AfrikaWysig

Noot vir Noot is 'n Afrikaanse musikale televisie vasvraekompetiesie uitgesaai op SABC 2. Dit is die oudste aaneenlopende televisiereeks in Suid Afrika.[1] Die huidige aanbieder is Emo Adams. Die eerste episode is in 1991 uitgesaai en is vir 18 jaar lank tot en met 27 Januarie 2019 aangebied deur Johan Stemmet. Die produksiemaatskappy is Stemmburg Televisie, vernoem na sy stigters, Stemmet en voormalige musiekleier Johan van Rensburg

Die produsente het sedert 2004 die basiese programformaat op 'n jaarlikse landwyd toer geneem. 'n Bordspelweergawe van die vertoning is ook beskikbaar.

Noemenswaardige wenners in die verlede sluit Zelda Meyer (die onoorwonne kampioen) en Daantjie Badenhorst in. Die formaat van die program is aangepas om die eerste blinde deelnemer, Ferdinand Venter, in te sluit. Noot vir Noot se 600ste episode is in 2014 uitgesaai.[2]

Programformaat[wysig | wysig bron]

Daar is vier deelnemers in elke aflewering. 'n Aantal musikale leidrade word voorgedoen en moet geidentifiseer word. Die eerste episode word gevolg deur semi-finaale en 'n finale episode. Elke episode eindig met die optrede van'n gaskunstenaar.

Die musiek op Noot vir Noot is histories uitgevoer deur die regstreekse musiekgroep Die Musiekfabriek, wat tot 2012 gelei is deur medestigter van die program, Johan van Rensburg.[3] Noot vir Noot het in Desember 2010 Potpourri geopen met die gewildste medley's uit die afgelope seisoene.

Orkes[wysig | wysig bron]

Die orkeslede tydens reeks 41 was:

  • Jaconell Mouton (klawerborde en orkesleier)
  • Riaan van Rensburg (slagwerk)
  • David Klassen (tromme)
  • Luke van der Merwe (kitaar)
  • Annelene Malan (baskitaar)
  • Nathan Smith (kitaar)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Sponsorships: Noot vir Noot". ABSA. Besoek op 3 August 2014.
  2. "Noot vir Noot nothces 400". news24. 14 September 2007. Besoek op 3 August 2014.
  3. "'Noot vir Noot' se Johan van Rensburg oor sy uittrede". Sarie. 30 August 2012. Besoek op 3 August 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]