Ophelia (maan)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Ophelia   
Uranus rings and two moons.jpg
Die ontdekkingsfoto van Ophelia (bo) deur
Voyager 2.
Ontdekking
Ontdek deur Richard J. Terrile / Voyager 2
Datum 20 Januarie 1986
Wentelbaaneienskappe
Wentelbaanradius 53 763,390 ± 0,847 km[1]
Wentelperiode 0,37640039 ± 0,00000357 d[1]
Gem. omwentelingspoed 10,39 km/s
Hellingshoek 0,10362 ± 0,055°[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 54 × 38 × 38 km[2]
Gem. radius 21,4 ± 4 km[2][3][4]
Oppervlakte ~6 600 km²
Volume ~41 000 km³
Massa ~5,3×1016 kg
Gem. digtheid ~1,3 g/cm³ (aangeneem)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,0070 m/s²
Ontsnapping-
snelheid
~0,018 km/s
Rotasieperiode Sinkronies[2]
Ashelling Nul[2]
Temperatuur ~64 K

Ophelia is ’n maan van Uranus. Dit is op 20 Januarie 1986 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1986 U 8 gekry.[5] Die naam "Ophelia" kom van die dogter van Polonius in William Shakespeare se Hamlet. Dit is ook bekend as Uranus VII.[6]

Beskrywing[wysig | wysig bron]

Ophelia is nie weer opgespoor totdat die Hubble-ruimteteleskoop dit in 2003 waargeneem het nie.[7][8] Baie min is daaroor bekend, buiten sy wentelbaan,[1] radius van 21 km[2] en geometriese albedo van 0,08.[7] Op die Voyager 2-foto's lyk dit langwerpig, met sy hoofas wat na Uranus wys.

Ophelia is die buitenste herdersmaan vir Uranus se ε-ring.[9] Sy wentelbaan is binne Uranus se radius vir sinkroniese wentelbane en neem dus langsamerhand af weens gety-invloede.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (1998) “The Orbits of the Inner Uranian Satellites From Hubble Space Telescope and Voyager 2 Observations”. The Astronomical Journal 115 (3): 1195–1199. doi:10.1086/300263.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 Karkoschka, Erich (2001). “Voyager's Eleventh Discovery of a Satellite of Uranus and Photometry and the First Size Measurements of Nine Satellites”. Icarus 151 (1): 69–77. doi:10.1006/icar.2001.6597.
  3. 3,0 3,1 Planetary Satellite Physical Parameters”. JPL (Solar System Dynamics): 24 Oktober 2008. URL besoek op 12 Desember 2008.
  4. Williams, Dr. David R. (23 November 2007). “Uranian Satellite Fact Sheet”. Nasa (National Space Science Data Center). URL besoek op 12 Desember 2008.
  5. Smith, B. A. (1986-01-27). “Satellites and Rings of Uranus”. IAU Circular 4168. Besoek op 2011-10-31.
  6. Planet and Satellite Names and Discoverers”. Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology: 21 Julie 2006. URL besoek op 6 Augustus 2006.
  7. 7,0 7,1 Karkoschka, Erich (2001). “Comprehensive Photometry of the Rings and 16 Satellites of Uranus with the Hubble Space Telescope”. Icarus 151 (1): 51–68. doi:10.1006/icar.2001.6596.
  8. (2003-09-03) “Satellites of Uranus”. IAU Circular 8194. Besoek op 2011-10-31.
  9. Larry W. Esposito (2002). “Planetary rings”. Reports on Progress in Physics 65 (12): 1741–1783. doi:10.1088/0034-4885/65/12/201.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]