Pandemie
Voorkoms
'n Pandemie (vanuit Grieks: pan (alle) en demos (mense)) is 'n aansteeklike of oordraagbare siekte wat vinnig oor 'n land of groter gebied versprei. Dit is in werklikheid 'n epidemie, maar net op 'n wêreldwye skaal.
Oorsake van 'n pandemie
[wysig | wysig bron]Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie kan 'n pandemie ontstaan wanneer daar aan die volgende vereistes voldoen word:
- Die siekte wat uitbreek is onbekend aan die bevolking.
- Die siekte infekteer mense en veroorsaak ernstige siekte.
- Die siekte versprei maklik onder mense.
'n Siekte wat wyd verspreid is of die dood van baie mense veroorsaak het, is nie noodwendig 'n pandemie nie; dit moet ook aansteeklik wees. Só is kanker byvoorbeeld wél 'n siekte wat die dood van baie mense veroorsaak, maar word dit nie as 'n pandemie gesien nie omdat dit nie aansteeklik is nie.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pandemie.