Epidemie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Epidemie is 'n aansteeklike of oordraagbare siekte wat vinnig in 'n beperkte gebied of streek versprei en na 'n tyd weer verdwyn.

Klassifikasie[wysig | wysig bron]

Epidemieë kan geklasseer word volgens die manier waarop hulle deur die bevolking versprei:[1]

Gemeenskaplike bron[wysig | wysig bron]

Puntbron[wysig | wysig bron]

Alle gevalle word deur dieselfde bron veroorsaak, byvoorbeeld die eet van dieselfde besmette voedsel. Die aantal gevalle styg tot 'n maksimum en daal

Voortdurend[wysig | wysig bron]

Die besmetting gebeur oor 'n langer tydperk. Die kurwe kan veel vlakker en breër word.

Wisselend[wysig | wysig bron]

Soms vind daar besmetting plaas, soms nie. Die kurwe kan meer as een maksimum hê.

Voortgeplant[wysig | wysig bron]

Hier besmet die een persoon die ander deur persoonlike kontak. Die kurwe kan opeenvolgende pieke vertoon afhanklik van die inkubasietyd. Die epidemie deurloop party generasies en neem af. Dit is belangrik maatreëls te tref om die voortplanting en verspreiding teen te gaan.

Gemengd[wysig | wysig bron]

Soms kan daar 'n besmettingsbron wees en ook verspreiding. Dit word 'n gemengde epidemie genoem.

Ander[wysig | wysig bron]

Daar is ander verloop van 'n epidemie moontlik indien daar interaksie tussen draers optree, byvoorbeeld tussen bosluise en jagters in die geval van Lyme-siekte.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]