Partiërs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Partië)
Jump to navigation Jump to search

Die Partiërs was 'n volk in die oudheid wat van 235 v.C. - 224 n.C. oor Persië geheers het.

In 245 v.C. rebelleer Andragoras, 'n satraap van die jong Seleukidiese koning Seleucus II teen hom en 'n nomadiese volk uit Sentraal-Asië, die Parni, val die provinsie Partië binne. In 238 v.C. beset hulle die Astavene-distrik en drie jaar later vat hulle leier Tiridates (Trdat) die hele Partië. 'n Teenaanval van Seleucus misluk en hy verloor ook Hyrkanië. Die Seleukiede word na Sirië teruggedring en Tiridates se broer Arsaces I word die eerste koning van die Partiese Ryk.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]