Pistool M1911A1

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n M1911A1 Pistool

Die M1911A1 Pistool, kaliber 0.45, was die standaard handwapen wat deur die Amerikaanse magte gedra is tydens die Eerste Wêreldoorlog. Toe was die wapen nog bekend as die M1911. Na verdere ontwikkelings werk is die M1911A1 in 1923 bekend gestel. Tussen 1937 en 1945 was daar 19 miljoen van die pistole vervaardig deur Colt, Ithaca en Remington. Die wapen is semi-outomaties en die magasyn kan sewe rondtes hou.

Tegniese besonderhede[wysig]

Kaliber: 0.45duim (11.43mm). Lengte: 8.63duim (21.93cm). Lengte van loop: 5.03duim (12.78cm). Gewig (gelaai): 2.99pond (1.36kg). Gewig leeg: 2.49pond (1.13kg). Trompsnelheid: 826 voet/s (252m/s). Effektiewe reikafstand: 65 voet (20m).

Bron[wysig]

  • The US Warmachine. Salamander Books. 1979. ISBN O-86101-016-7