Platbeen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Platbeen
Inligting en eksterne bronne
Platbene in die menslike liggaam (in rooi).
Platbene in die menslike liggaam (in rooi).
Inligting
Latyn Os planum
Ligging In die hele liggaam
Werking Uitgebreide beskerming
Vashegplek vir spiere
Eksterne bronne
FMA 7476

Platbene is bene waarvan die hoofdoel is om óf uitgebreide beskerming óf vashegplek vir spiere te bied. Dié bene is breë, plat plate,[1] soos in die skedel, bekken, bors en ribbekas.

Die verskillende platbene is: die pariëtale bene (aan die kant van die skedel), die voorkop, agterkop, neusbeen, traanbeen, ploegskaarbeen, heupbene, borsbeen, ribbes en bladbeen.[1] Die skedelbene bevat twee lae kompakte weefsel; die buitenste een is dik en sterk, en die binneste een dun, dig en bros (ook glasagtig genoem).[1]

Die platbene bestaan uit twee dun lae kompakte been met tussenin sponsagtige been,[1] waarin die rooi beenmurg voorkom. In volwassenes word die meeste rooibloedselle in platbene gevorm.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Gray's Anatomy (1918) (Sien inligtingskas)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]