President van die Switserse Konfederasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Doris Leuthard die huidige president van die Switserse Konfederasie (1 Januarie – 31 Desember 2017)

Die President van die Switserse Konfederasie (Duits: Bundespräsident(in) der Eidgenossenschaft, Frans: Président(e) de la Confédération, Italiaans: Presidente della Confederazione, Romansch: President(a) da la Confederaziun) is die voorsitter van die Switserse Federale Raad, 'n raad wat uit sewe gelykes bestaan. Die president van die konfederasie is dus nie die staats- of regeringshoof van Switserland nie, maar eerder word die hele Switserse Federale Raad as 'n gesamentlike hoof beskou.