Primêre slapeloosheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Insomnia
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 F51.0, G47.0
ICD-9 307.42, 307.41, 327.0, 780.51, 780.52
DiseasesDB 26877
MedlinePlus   000805
eMedicine med/2698
MeSH D007319
Star of life caution.svg Mediese waarskuwing

Primêre slapeloosheid is 'n slaapversteuring waar 'n persoon nie aan die slaap kan raak of nie lank genoeg aan die slaap kan bly nie.

Diagnostiese kriteria[wysig | wysig bron]

  • Hoofklagte van moeite om slaap te inisiëer of aan die gang te hou, of swak kwaliteit slaap (m.a.w. kry nie genoeg rus nie) vir minstens een maand
  • Die slaapversteuring (of geassosieerde moegheid bedags) lei tot klinies beduidende inkorting in sosiale, werks- of ander belangrike areas van funksionering
  • Die slaapversteuring kom nie slegs voor wanneer ander toestande soos Narkolepsie, Sirkadiaanse Ritme Slaapversteuring of 'n Parasomnia teenwoordig is nie.
  • Die slaapversteuring kom nie uitsluitlik voor saam met 'n ander geestesversteuring soos Major Depressiewe Versteuring, Veralgemeende Angsversteuring, of Delirium nie
  • Die slaapversteuring is nie die direkte gevolg van die fisiologiese effekte van substanse (dwelms of medikasie) of 'n algemene mediese toestand nie

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders. (4th Ed.) American Psychiatric Association. 1994.