Luiz van Orléans-Braganza
Prins Luiz | |
---|---|
Prins van Brasilië | |
Vorstehuis | Orleans-Bragança Huis |
Titels | Prins van Brasilië |
Volle naam | Luiz Gastão Maria José Pio Miguel Gabriel Rafael Gonzaga de Orléans e Bragança e Wittelsbach |
Gebore | 6 Junie 1938, Frankryk |
Oorlede | 15 Julie 2022, Brasilië |
Vader | Prins Pedro Henrique |
Moeder | Prinses Maria Elizabeth |
Prins Luiz (Luiz Gastão Maria José Pio Miguel Gabriel Rafael Gonzaga de Orléans e Bragança e Wittelsbach; 6 Junie 1938 – 15 Julie 2022) was die Hoof van die Keiserlike Huis van Brasilië vanaf 1981 tot sy dood in 2022. Hy was die seun van prins Pedro Henrique en prinses Maria Elizabeth, sy pa was die seun van prins Louis, seun van prinses Isabel, dogter van Pedro II van Brasilië. Van 1938 tot 1981 was hy die kroonprins van Brasilië.
Luiz het aktief aanspraak gemaak op die ontbinde troon en het deelgeneem aan sake rakende Brasilië se keiserlike verlede.
Dood
[wysig | wysig bron]Prins Luiz is op 14 Julie 2022 in São Paulo, Brasilië, oorlede nadat hy 'n maand lank in die hospitaal opgeneem was. Hy is opgevolg deur sy broer Bertrand.[1]
Op 15 Julie 2022 het die president van Brasilië Jair Bolsonaro en die Minister van Buitelandse Betrekkinge 'n dekreet onderteken wat 'n tydperk van een dag van amptelike rou oor die dood van Luiz verklaar.[2]