Projek Dina

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Projek Dina
Genre Drama
Geskryf deur Marcel van der Watt
Bianca van Aswegen
Nicky Reeder
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 1
Aantal episodes 13
Produksie
Looptydperk 48 minute (omtrent)
Produksiemaatskappy Penguin Films
Uitsending
Oorspronklike kanaal kykNET
Beeldformaat HD
Oorspronklike lopie Januarie 14, 2020 (2020-01-14)

Projek Dina is 'n Afrikaanse dramareeks wat op KykNET, DStv kanaal 144 uitgesaai word.

Projek Dina speel af in die werks- en lewensomgewing van die blitsreaksie-taakspan, waar die druk hemelhoog en die ruimte vir foute piepklein is. Noudat die taakspan pas saamgestel is deur die Wes-Kaapse polisie – as ’n manier om die vinnigtoenemende gevalle van vermiste persone in Suid-Afrika te bestry – het die lede van die taakspan ’n skynbaar onmoontlike taak op hande: om die vermiste persone in Kaapstad op te spoor en hulle een vir een huis toe te bring.  

Reekse[wysig | wysig bron]

Reeks Episodes Oorspronklik uitgesaai
Eerste uitgesaai Laaste uitgesaai
1 13 14 Januarie 2020 (2020-01-14) 7 April 2020 (2020-04-07)

Produksie[wysig | wysig bron]

Elke vyf uur word ’n kind in Suid-Afrika as vermis aangemeld. Ongeveer 30% van vermiste kinders word nooit gevind nie, terwyl 50% van vermiste volwassenes nooit weer gesien word nie. – SAPD Vermistepersoneburo, 2013  

Tydens hierdie pogings sien kykers hoe drie speurders, spesifiek uitgesoek deur Brigadier Patricia Dlomo, dae aaneen werk sonder om te slaap, hoe hulle regdeur die nag oproepe maak en ontvang, en hoe hulle die Kaap se gevaarlikste hoekies betree.  

Die leier van die span, kaptein Deon Visagie (gespeel deur Tim Theron), is van nature ’n strateeg en ’n ware speurhond. Hy raak obsessief oor die kleinste detail, maar sy vermoë om mense te lees skiet erg tekort. Hy sukkel veral met sersant Lux Dladla (Chumani Pan) se benadering tot speurwerk, wat staatmaak op ‘n sterk intuïsie en die vermoë om ‘n groot netwerk van kontakte op te bou en te benut.

Die taakspan gebruik die hulp van ‘n nie-amptelike informant – die vernuftige kuberkraker Charlene “Charlie” Botha (Kay Smith). Selfs Charlie besef egter vinnig dat dié speurtogte haar in meer gevaar plaas as wat sy ooit kon verwag. En die inligting wat sy verskaf is nie altyd vertroubaar nie...

Adjudant-offisier Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) is die persoon wat die span bymekaarhou. Sy is eerlik, hardwerkend, ’n familiemens, maar ’n persoon wat jy nie mee sukkel nie. Sy hou nie van kleinighede nie en word gereeld in die middel geplaas wanneer Deon en Lux koppe stamp, maar sy weet presies hoe om hulle te hanteer. Sy is ook die een wat die taakspan “Projek Dina” doop.

Voormalige Valke-ondersoeker Marcel van der Watt en Missing Children SA se Nicky Rheeder en Bianca van Aswegen het as konsultante opgetree vir die reeks. Projek Dina is geïnspireer deur ware verhale en is met hierdie speurders se gesamentlike kennis geskryf.

Projek Dina word vervaardig deur Penguin Films, wat ook Sara se Geheim, Arendsvlei, en flieks soos Krotoa vervaardig het.

Rolverdeling[wysig | wysig bron]

  • Tim Theron as Kaptein Deon Visagie
  • Chumani Pan as Sersant Lux Dladla
  • Kay Smith as Charlene "Charlie" Botha
  • Chanelle de Jager as Adjudant-offisier Ronel Oosthuizen
  • Lee-Ann van Rooi as Brenda Klaasen
  • Henré Pretorius as Wynand Oosthuizen
  • Chiara Roodt as Mia Oosthuizen
  • Jana Strydom Kruger as Karen Schoeman
  • Crystal Donna Roberts as Bonita

Episodes[wysig | wysig bron]

Reeks 1 (2020)[wysig | wysig bron]

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
11Die lede van die nuwe Taakspan vir Vermiste Persone het van dag een af hul hande vol, wanneer 'n vierjarige seun uit 'n winkelsentrum verdwyn.14 Januarie 2020 (2020-01-14)
22Deon is op die spoor van twee meisies van Langa wat onafhanklik as vermis aangemeld is. Lux besef 'n vermiste meisie van Welgemoed is meegesleur deur 'n donker kant van sosiale media.21 Januarie 2020 (2020-01-21)
33Die span werk op 'n hoë profiel saak van 'n vrou wie se tweede kind ontvoer is. Ná 'n nuwe leidraad vat Deon en Lux 'n ou saak aan van 'n paartjie wie se baba 20 jaar gelede ontvoer is.28 Januarie 2020 (2020-01-28)
44Almal is aan boord wanneer 'n jong meisie uit die voorhof van haar huis verdwyn. Deon en Ronel in 'n wedloop teen tyd om haar te vind, maar is hulle reeds te laat?4 Februarie 2020 (2020-02-04)
55Deon en Lux betree die gevaarlike wêreld van perlemoensmokkelary om 'n minderjarige bendelid op te spoor. 'n Geldverwante sterfte plaas Ronel op die spoor van 'n voortvlugtige swendelaar...11 Februarie 2020 (2020-02-11)
66Lux ondersoek 'n ongeïdentifiseerde man wat by 'n hotel selfmoord gepleeg het, maar dié speurtog ruk hom tot in sy kern. Ronel sukkel om haar professionele masker aan te hou.18 Februarie 2020 (2020-02-18)
77Na aanleiding van 'n vreesaanjaende kringtelevisie-video beland Deon in 'n jaagtog teen tyd om 'n jong vrou te red. Lux raak die spoor byster in sy poging om 'n weduwee by te staan.25 Februarie 2020 (2020-02-25)
88Ronel sukkel om Dina te laat gaan en fokus liewers op die geheimsinnige verdwyning van drie tienermeisies. Sy kyk weer na haar suster se verdwyning en kom tot 'n skokkende besef.3 Maart 2020 (2020-03-03)
99Twee jong meisies verdwyn spoorloos by 'n braai in Bellville. Lux ondersoek vreemde aktiwiteite in die ou slaapkamer van 'n jong man wat al jare gelede verdwyn het.10 Maart 2020 (2020-03-10)
1010'n Vermiste meisie maak kontak met haar ouers en die span word in die gevaarlike wêreld van mensehandel ingesleep. Terwyl Lux en Deon die strate invaar, begin Charlie haar eie ondersoek.17 Maart 2020 (2020-03-17)
1111Wanneer 'n sewejarige seun, Danny Roussouw, vermis raak, maak dit 'n ander ontvoering van 'n ander seun oop - een wat agt jaar gelede plaasgevind het en nooit opgelos is nie.24 Maart 2020 (2020-03-24)
1212Die span se leidrade rakende Marie en die mensehandelsindikaat droog op. Die speurders weier egter om moed op te gee, en 'n adrenalienbelaaide soektog volg.31 Maart 2020 (2020-03-31)
1313Die ontdekking van 'n vrou se geraamte in Villiersdorp bring inligting te vore wat die polisie dekades lank probeer wegsteek het. Sal dit die raaisel van Dina se verdwyning oplos?7 April 2020 (2020-04-07)