Punt
Voorkoms
Die punt (.) sluit 'n stelsin af. Dit kan ook as skryfteken by afkortings en voorletters, of as simbool by getalle en/of in rekenaarkode gebruik word. (AWS, 2017)
Afsluiting van sinne en sinsdele
[wysig | wysig bron]- Die punt sluit 'n stelsin af.
Bv: Die hond loop in die straat rond.
- Die punt sluit indirekte vrae af.
Bv: Sy het gevra wat sy naam is.
- Die punt wat deel is van 'n afkorting aan die einde van 'n sin, vervang die punt aan sinseinde.
Bv: Werner eet graag perskes, appelkose, pere, appels, ens.
Opskrifte en publikasiename
[wysig | wysig bron]Die punt word nie by koerantopskrifte, paragraaftitels, tabeltitels, boektitels en koerantname gebruik nie.
Bron
[wysig | wysig bron]- Afrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos