Gaan na inhoud

Ramil Isjmoechambetof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ramil Isjmoechambetof
Gebore31 Desember 1986 (1986-12-31) (37 jaar oud)
NasionaliteitRusland
BeroepGeskiedkundige, etnograaf

Ramil Isjmoechambetof (Russies: Рамиль Ишмухамбетов) is 'n Nogai-geskiedkundige, etnograaf en taalaktivis van Astrachan, Rusland. Hy het 'n PhD-graad in geskiedenis aan die Kabardino-Balkariese Staatsuniversiteit behaal en werk tans as 'n dosent in geskiedenis in Astrachan.[1]

Isjmoechambetof het verskeie navorsingsartikels gesrkyf oor die komplekse geskiedenis en veranderende identiteit van die Karagasjiërs, 'n subgroep van die Nogais wat inheems aan Astrachan-oblast is.[2] As 'n taalaktivis werk hy aan die standaardisering en kodifikasie van sy moederdialek, Karagasjies, wat talle verskille van die literêre vorm van Nogai het.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Заключение диссертационного совета" (PDF). Кабардино-Балкарский государственный университет (in Russies). 21 April 2023. Besoek op 20 Julie 2023.
  2. Isjmoechambetof, Ramil (2020). "К вопросу о "плавающей" идентичности у астраханских ногайцев". In Koerapof, Andrej; Alijewa, Anzjella (reds.). Астраханские краеведческие чтения. Выпуск XII: сборник статей (in Russies). Astrachan: Roman Sorokin. pp. 374–381.
  3. "Литературные нормы для диалектов. Кто и зачем кодифицирует речь астраханских карагашей и юртовцев". Idel.Realii (in Russies). 27 Januarie 2023. Besoek op 20 Julie 2023.