Redakteur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Redaksie van die Dagblad van het Noorden in Emmen, Nederland.

'n Redakteur of redaktrise is 'n persoon wat die inhoud van 'n publikasie opstel of nagaan (redigeer). Redakteurs is verantwoordelik vir die verwerking (redaksie) van die inhoud van 'n publikasie, soos 'n koerant, TV-program, boek, tydskrif, ensiklopedie of webwerf, asook die feitelikheid en taalgebruik van die inhoud. 'n Redakteur kan die funksie van 'n outeur, van 'n adviseur (byvoorbeeld by wetenskaplike tydskrifte), of 'n persklaarmaker vervul.