Robert I van Meaux
Voorkoms
Robert I | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | omstreeks 907 |
Sterf | omstreeks 967/8 |
Kind(ers) | Heribert III van Meaux Adelheid van Meaux |
Robert I van Meaux (gebore omstreeks 907; sterf 967/8) was Graaf van onderskeidelik Meaux en Troyes en die seun van Herbert II van Vermandois en sy vrou Adelheid van Frankryk, dogter van Robert I van Frankryk.[1][2]
Robert I het sy vader in onderskeidelik 943 en 956 opgevolg as Graaf van Meaux en van Troyes. Robert I se seun Heribert III van Meaux het hom by sy afsterwe in 967 opgevolg as Graaf van Troyes en Meaux.
Robert I was getroud met Adelheid (914–967) van Boergondië, dogter van Giselbert. Hulle het twee kinders gehad:
- Heribert III van Meaux (omstreeks 935 - 995)
- Adelheid van Meaux (omstreeks 935 - omstreeks 982)[1][Note 1]
Na Robert I se afsterwe is Adelheid getroud met Lambert I van Chalon.
Notas
[wysig | wysig bron]- ↑ Volgens Bachrach in sy Fulk Nerra, the Neo-Roman Consul, bladsye 9, 273, was Adelheid se vader Herbert II van Vermandois.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Detlev Schwennicke, Europäische Stammtafeln: Stammtafeln zur Geschichte der Europäischen Staaten, Neue Folge, Band III Teilband 1 (Marburg, Duitsland: J. A. Stargardt, 1984), Tafel 49.
- ↑ The Annals of Flodoard of Reims, 919–966, reds. Steven Fanning; Bernard S. Bachrach (Toronto: University of Toronto Press Inc., 2011), p. 21 n. 77
Voorafgegaan deur Heribert II |
Graaf van Meaux 946–967 |
Opgevolg deur Heribert III van Meaux |