Roosrewolusie
Voorkoms
Roosrewolusie | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Kleurrewolusies | |||||||
Betogers in Tbilisi | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Nasionale Beweging Kmara |
Regering van Georgië | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Mikheil Saakashvili Nino Boerdjanadze |
Edward Sjewardnadze |
Die Roosrewolusie (Georgies: ვარდების რევოლუცია, wardebis rewoloetsia) was wydverspreide protesoptogte in Georgië oor beweerde bedrog in die verkiesing van November 2003, toe Edward Sjewardnadze as president herkies is. Dit het daartoe gelei dat Sjewardnadze op 23 November van dié jaar bedank en ’n nuwe regering aan die bewind gekom het.