Draaias

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Rotasie-as)
Jump to navigation Jump to search
Die Aarde draai om sy as.

’n Draaias of rotasieas is die denkbeeldige as waarom ’n liggaam roteer. Dit is dus die versameling punte van ’n roterende voorwerp wat in rus is. Dié punte kan ook buite ’n liggaam lê; dit word ’n uitwendige draaias genoem.

Hemelliggame[wysig | wysig bron]

Die term word veral vir hemelliggame soos planete, sterre en mane gebruik. Die plekke waar die draaias die oppervlak van die hemelliggaam kruis, word die pole genoem.

Die hoek tussen die draaias en die vlak waarteen ’n planeet om die Son beweeg, bepaal die seisoene. As die hoek klein is, is die verskille tussen die seisoene klein; as die hoek groot is, is die verskille ook groot.

Bron[wysig | wysig bron]