Rugby League

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Aanvallende speler probeer om twee verdedigers te ontsnap

Rugbyliga of Rugby League[1][2][3] is 'n kontakspansport wat met 'n rugbybal gespeel word[4] deur twee spanne van dertien spelers op 'n reghoekige grasveld. Rugby league is een van die twee vorme van rugbyvoetbal (Rugby Union oftewel rugby soos dit algemeen in Suid-Afrika bekend staan is die ander vorm) en word deur baie as een van die fisies strafste vorme van enige spansport beskou.[5][6][7][8][9][10]

Rugby league ontneem sy naam van die Rugby Football League wat in 1895 gestig is toe die Northern Rugby Football Union weggebreek het van die Engelse Rugby Football Union (RFU), hoofsaaklik oor argumente oor betalings aan spelers. Beide organisasies het die spel aanvanklik onder soortgelyke reëls gespeel totdat soortgelyke skeuringe van RFU-geaffilieerde klubs in Australië en Nieu-Seeland in 1907 en 1908 plaasgevind het en sogenaamde rugby football leagues daar gestig is. 'n Veranderde stel reëls is toe bekendgestel en 'n nuwe vorm van rugbyvoetbal is gebore. Die Northern Football Union het sy naam na die Northern Rugby Football League verander in 1922 en later van die Northern in die naam ook ontslae geraak en sodoende het die sport self mettertyd ook die naam "rugby league" gekry. Oor die jare heen het die reëls van beide vorme van rugbyvoetbal merkbaar verander sodat rugby league en rugby union vandag twee duidelik onderskeibare sportsoorte is.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 'What is Rugby League?' Rugby League European Federation
  2. 'The RLIF'
  3. International Laws of the Game, bl.51 [1]
  4. International Laws of the Game, bl.8 [2]
  5. Meares, Peter (2003). Legends of Australian sport: The Inside Story. Australia: University of Queensland Press. p. 132. ISBN 0702234109, 9780702234101. 
  6. Massoud, Josh (24 April 2009). "Gallen pushes himself to limit in the boxing ring". The Daily Telegraph. News Limited. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2012-12-30. Verkry op 27 Mei 2009. 
  7. Rae, Richard (12 Oktober 2003). "Rugby League: Tongan muscle powers the Bulls". The Sunday Times. Times Newspapers Ltd. Verkry op 27 Mei 2009. 
  8. Plummer, John. "Running into a Brick Wall". muscle-fitness.co.uk. Verkry op 27 Mei 2009. 
  9. "My Life in Rugby League: Joe Vagana - Bradford Bulls". League Express. League Publications Ltd. 7 April 2008. Verkry op 27 Mei 2009. 
  10. "About the Book". From the Sheds by Matthew Johns. harpercollins.com.au. 2008. Verkry op 27 Mei 2009. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]