Russiese Sokker Kampioenskap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Russiese Sokker Kampioenskap (in Russies: Чемпионат России по футболу) is die hoogste sokkerafdeling in Rusland en word ook die Russiese Premier League of Primera Liga genoem. In hierdie betaalde manskompetisie speel 16 klubs, waar elke span twee keer teen mekaar uitdraf (een weg- en tuiswedstryd). Die spanne wat boaan eindig kwalifiseer vir die UEFA Champions League (drie plekke) of die UEFA Europa League (drie plekke). Die onderste twee spanne relegeer na die Russiese Liga Kampioenskap.

Die seisoen duur van die somer tot die lente. Tot seisoen 2010 het 'n seisoen van die lente tot die herfs geduur (om die koue winter te ontsnap), maar as gevolg van probleme met ander Europese ligas (en dus die internasionale toernooie), het hulle dit verander.

Die Russiese Sokker Kampioenskap word algemeen gesien as die opvolger van die Sowjet Top Liga.

Klubs in 2011/12[wysig]