Samestelling (taalkunde)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Samestelling)
Spring na: navigasie, soek

In die taalkunde, kan 'n samestelling kan omskryf word as die vorming van ‘n komplekse woord wat uit twee stamme bestaan.

Duits is net soos Afrikaans, 'n taal waarin vele endosentriese samestellings voorkom. Hierbo is die Duitse woord virr 'rioolwatersuiweringsinstallasie'.

Tesame met affikse, speel samestellings ‘n groot rol wanneer dit kom by Afrikaanse woordvorming.[1]

  • Die kern: Die kern is die deel wat die hoofbetekenis van die woord dra en tesame met die bepaler – die deel wat die hoofebetekenis uitbrei – vorm die twee stamme van die kompositum. Die konsep van ‘n kern is noodsaaklik om die verskil tussen Endo – en Eksosentriese komposita te verstaan.
  • Endosentriese Komposita is ‘n kompositum waar die kern ingesluit is in die woord.
  • Eksosentriese Komposita is wanneer die kern buite die woord geleë is bv; swart + kop is nie ‘n soort kop nie, maar eerder ‘n persoon met swart hare.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Carstens, W.A.M. & Bosman, N., reds. 2014. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.