Scabies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sarcoptes scabiei

Scabies is 'n velsiekte wat veroorsaak word deur 'n miet, Sarcoptes scabiei. Dit steek gewoonlik aan met intieme kontak tussen mense.

Dit gee 'n erg jeukerig uitslag ook bekend as 'Jollie jeuk'.

Behandeling behels gewoonlik "Gamma benzeen hexachloried".

Die miet kom gewoonlik by diere voor. Mense kan dit van diere aansteek, maar die simptome verdwyn gewoonlik na so 36 uur. Die volwasse miet bly op die vel en voor eiers gelê word, grawe die miet in die vel in en lê dan 3 tot 4 eiers in die vel. Die larwes bly dan onder die vel en kom as volwasse larwes na die vel oppervlak. As die gasheer (bv. 'n hond)die natuurlike gasheer is, begin die siklus dan weer van voor af. Die mens is nie 'n natuurlike gasheer vir die miet nie en die miet kan nie sy hele lewensiklus voltooi nie. Dit veroorsaak egter 'n rooi uitslag op die vel wat erg jeuk.