Siel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Skildery van God wat toekyk hoe 'n engel en 'n demoon om 'n man se siel veg.

Die siel is die nie-materiële spirituele komponent van 'n mens of dier. Hoewel dit nie wetenskaplik bewys kan word nie glo baie mense dat die siel onsterflik is en na die dood bly voortbestaan. Daarteenoor glo ateïste dat daar nie iets soos 'n siel is nie en dat lewend wesens slegs 'n liggaam (sonder 'n gees) is.

Gewig van die siel[wysig]

'n Mediese dokter, Duncan MacDougall, het in die vroeë 1900's gepoog om die gewig van die siel te bepaal. Hy het persone geweeg voor en nadat die siel die liggaam verlaat het. Sy bevinding was dat die siel gemiddeld 21 g weeg. Daar word deesdae aanvaar dat die bevinding onbeduidend is en geen wetenskaplike meriete het nie.