Simptoom
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Simptome)
'n Simptoom is 'n kenmerk of klagte wat met 'n bepaalde siekte geassosieer word. Die beskrywing van simptome is belangrik om 'n korrekte diagnose te kan maak. Voorbeelde van simptome sluit in: hoes, koors, inflammasie, keelpyn, spierpyn en koppyn.
Simptome kan akuut (kort van duur) of chronies (lang van duur — maande tot jare) wees. Seker siektes kan net simptomaties behandel word, wat die aandoening meer draaglik vir die pasiënt maak.
Voorbeelde van diagnose na gelang van die simptome: