Sonvlek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Son met duidelik waarneembare sonvlekke (1992).

Sonvlekke is relatief donker kolle op die oppervlak van die Son. Dit hou verband met relatief koeler plekke op die Son. Dié afkoeling word veroorsaak deur sterk magneetvelde wat die konveksie van plasma bemoeilik en so die hittetoevoer vanuit die binneste deel van die ster tydelik verminder. Ná ’n tyd verdwyn die sonvlekke weer. Dit kom gewoonlik in pare voor, elk met ’n teenoorgestelde magneetpool.