Verskil tussen weergawes van "Wiskundige"

Jump to navigation Jump to search
Geen grootteverandering nie ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (robot Bygevoeg: rue:Математік)
 
==Rol==
 
Wiskundiges bestudeer nie slegs nie maar doen ook navorsing, 'n kwessie wat prominent hier genoem moet word omdat daar 'n algemene wanindruk by leke bestaan dat alles aangaande wiskunde reeds bekend is. Die publikasie van nuwe ontwikkelings in wiskunde gaan egter onverpoos voort in letterlik honderde [[weteskapjoernaal|wetenskapjoernale]], en baie van hulle is uitsluitlik gerig op wiskundige onderwerpe of toegepaste wiskunde (soos [[teoretiese rekenaarwetenskap]] en [[teoretiese fisika]]).
 
==Logika en patrone==
 
Wiskundiges bemoei hulle hoofsaaklik met die vind en beskrywing van patrone wat hul oorsprong uit berekeningsprobleme gehad het, maar wat na die abstrakte omgeskakel is om probleme in eie reg te word. Vanuit gepubliseerde werke van wiskundiges wil dit voorkom asof die hoofbenadering van 'n wiskundige is om met 'n gegewe stel aannames te begin, dikwels [[aksioom|aksiome]] genoem, en om dan voort te gaan om hulle idees ([[wiskundige vermoede|vermoedes]]) wat uit die aannames volg deur die reëls van [[logika]] te gebruik. Dit is egter gewoonlik die finale produk wat gepubliseer word en nie die werk in ontwikkeling nie.
 
==Motivering==
 
Wiskundiges se motiverings verskil. Oor die algemeen word wiskundiges nie deur die strewe na rykdom gemotiveer nie; die vrug van hul arbeid is dikwels nie patenteerbaar nie en is in baie gevalle van suiwer akademiese belang. Baie wiskundiges word gemotiveer deur die genot wat hulle uit die aktiwiteit put asook deur die respek wat hulle by hul eweknieë afdwing.
 
==Geskiedenis==
 
Wiskunde vereis lang tye om nuwe benaderings te oordink en daarom moes wiskundiges tipies baie tyd gehad het om hulle belangstelling te beoefen. Die geskiedenis wys dan ook dat wiskundiges dikwels uit welvarende families kom. "Volgens legende was [[Archimedes]] deel van die koninklike familie van [[Sirakuse (Italië)|Sirakuse]]. Die [[Guillaume François Antoine, Markies van l'Hôpital|Markies van l'Hopital]] (1661-1704) was ryk genoeg om [[Johann Bernoulli]] te huur om hom in [[Wiskundige Analise|Analise]] te onderrig. Daar was egter so nou en dan armer, onbetaalde amateur wiskundiges wat tog belangrike bydraes tot die veld gemaak het.
 
==Demografie==
 
Soos in die geval van baie wetenskaplike beroepe, is wiskunde as vakgebied in groot maat deur mans oorheers. Van die bekende vroulike wiskundiges tel [[Emmy Noether]] ([[1882]] - [[1935]]), [[Sophie Germain]] ([[1776]] - [[1831]]), [[Sofia Kovalevskaya]] ([[1850]] - [[1891]]), [[Rózsa Péter]] ([[1905]] - [[1977]]), [[Julia Robinson]] ([[1919]] - [[1985]]), [[Mary Ellen Rudin]], [[Eva Tardos]], [[Émilie du Châtelet]] en [[Marianna Csörnyei]].
 
:-''[[Paul Erdős]]''
 
''Die Mathematiker sind eine Art Franzosen; redet man mit ihnen, so übersetzen sie es in ihre Sprache, und dann ist es alsobald ganz etwas anderes.'' ''(Wiskundiges is soos 'n soort van Fransman; as jy met hulle praat, vertaal hulle dit in hulle eie taal en dan beteken dit onmiddelikonmiddellik iets heeltemal anders.)''
:-''[[Johann Wolfgang von Goethe]]''
 
 
=== Sien ook ===
* [[Lys van wiskundiges]]
* [[Lys van amateur wiskundiges]]
* [[Sterrekundige]]s, [[Fisikus|Fisici]], [[Filosoof|Filosowe]], [[Wetenskaplike]]s
 
=== Eksterne skakels ===
* [http://www-history.mcs.st-and.ac.uk/history/index0.html The MacTutor History of Mathematics archive], 'n baie volledige lys van gedetaïlleerdegedetailleerde biografieë.
* [http://genealogy.math.ndsu.nodak.edu/ The Mathematics Genealogy Project], laat 'n mens toe om die opvolgende tesis adviseurs van die meeste wiskundiges op te spoor.
 
[[Kategorie:Wiskunde]]
Anonieme gebruiker

Navigasie-keuseskerm