Stanislav Petrov

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stanislav Evgrafovitsj Petrov
Станислав Евграфович Петров
Gebore ca. 1939
Stanislav Petrov

Petrov ontvang die Dresden-prys in 2013

Lojaliteit Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
Diens/Tak State Emblem of the Soviet Union.svg Sowjetse Lugmag
Rang Luitenant-kolonel
Veldslae/oorloë Koue Oorlog
Toekennings Dresden-prys

Stanislav Evgrafovitsj Petrov (Russies: Станислав Евграфович Петров) (gebore ca. 1939) is 'n afgetrede luitenant-kolonel van die Sowjet-krygsmagte wat op 26 September 1983 'n moontlike kernoorlog voorkom het. Die Sowjetunie se Oko-waarskuwingstelsel het die dag aangedui dat die Verenigde State vyf interkontinentale missiele in die rigting van die Sowjetunie gevuur het. Petrov was ten tye van die voorval die wagkommandant in Moskou se Serpukhov-15-bunker. Hy rapporteer die voorval as 'n vals alarm. As hy dit as 'n aanval aan sy meerderes vermeld het, sou die USSR moontlik 'n volskaalse kernbomaanval teen die VSA en sy bondgenote geloods het.

Die voorval vind plaas op 'n tydstip wat die Koue Oorlog 'n hoogtepunt bereik het, na die afskiet van Korean Air-vlug 007 drie weke vroeër. Petrov het gedag dis vreemd dat die VSA 'n kernoorlog met net vyf missiele sou begin, en besluit teen sy bevele om dit direk aan sy meerderes te rapporteer. Latere ondersoek toon dat dit inderdaad 'n vals alarm was. Een van die Oko-satelliete het 'n refleksie van sonlig op hoë wolke geregistreer.

Petrov is oor die voorval ondervra, maar is nie daarvoor gestraf of beloon nie. Op 17 Januarie 2013 word die Dresden-prys aan hom toegeken vir sy rol om die Derde Wêreldoorlog te voorkom.