Tine Balder

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tine Balder
Geboortenaam Clementine Cobbau
Geboorte 2 Februarie 1924
Antwerpen
Nasionaliteit België
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Tine Balder is 'n Vlaamse aktrise wat in die 1960’s saam met haar man, Fred Engelen, na Suid-Afrika gekom het. Hulle was albei aan die Universiteit van Stellenbosch se dramadepartement verbonde, maar was ook by professionele teater betrokke. Ten tye van Fred se dood speel sy Elektra ('n skurk en antiheld uit die Marvel-strokiesprent). Sy was in die beginjare 'n lid van die Afrikaanse Ensemble van die destydse Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (Truk). Onder regie van Francois Swart het sy die rol Ma in die eerste produksie van PG du Plessis se Siener in die suburbs vertolk. Nog een van haar hoogtepunte onder Swart was Mary Tyrone in Eugene O’Neill se Lang dagreis na die nag. Toe die Ensemble ontbind, is sy terug na België. Die verhoog-en-TV-akteur Jan Engelen is dié egpaar se seun.[1]

Literatuur[wysig | wysig bron]

  • Stark, U. Ons Erfdeel, 1973, 4, p. 123-125.
  • Voets, G. ‘Actrice Tine Balder.’ Vlaanderen 200 (Mei-Junie 1984), p. 199.
  • Opsomer, G. Tone Brulin. Kritisch Theater Lexicon. Brussel: Vlaams Theater Instituut, 1997.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8