Uitgestorwe in die natuur
Bewaringstatus |
---|
Risiko om uit sterf |
Uitgestorwe |
Bedreig |
Laer risiko |
Sien ook |
Uitgestorwe in die natuur is 'n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir spesies wat net in aanhouding oorleef het of in 'n gebied aangehou word buite hul historiese habitat.[1]
Nie alle diere en plante wat dus in dié kategorie val, is noodwendig uitgestorwe of selfs skaars nie. Ameca splendens is byvoorbeeld in die natuur uitgestorwe,[2] maar was 'n ruk lank 'n gewilde vis onder akwariste. Die visse is nou minder in aanvraag en hul voortbestaan word tans bedreig.
Van die reuse-Galápagos-skilpad (Geochelone nigra abingdoni) was net een oor, 'n mannetjie met die naam 'Eensame George', tot met sy dood in Junie 2012.[3] Daar is geglo die skilpad het heeltemal uitgesterf totdat 'n Hongaarse weekdierkundige Eensame George op 1 Desember 1971 op die Galápagos-eiland Pinta gesien het. Hy was sedertdien 'n simbool van bewaringspogings in die algemeen en die Galápagos-eilande in die besonder.[4] Toe hy op 24 Junie 2012 dood is, is weer geglo die spesie het uitgesterf.[5] Kort daarna is 17 hibridiese Galápagos-skilpaaie gevind en daar word nou probeer om die subspesie terug te teel in 'n suiwer vorm. As dit slaag, sal dit die eerste keer wees dat 'n spesie weer voortbestaan nadat dit as "Uitgestorwe" geklassifiseer is.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ IUCN, 2001 IUCN Red List Categories and Criteria: Version 3.1 Geargiveer 5 Desember 2010 op Wayback Machine p.14 URL besoek op 30 Mei 2010.
- ↑ Contreras-Balderas, S. & Almada-Villela, P. (1996). "Ameca splendens". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.4. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Gardner, Simon (6 Februarie 2001). "Lonesome George faces own Galapagos tortoise curse".
- ↑ Nicholls, H (2006). Lonesome George: The Life and Loves of a Conservation Icon. London: Macmillan Science. ISBN 1-4039-4576-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 9 Februarie 2013.
- ↑ "Last Pinta giant tortoise Lonesome George dies" (in Engels). BBC News. 24 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op 25 Junie 2012.
- ↑ "Not so Lonesome (George) after all: Scientists believe they can resurrect extinct species of famous tortoise by cross-breeding" (in Engels). The Daily Mail. 23 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 25 November 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- List of Extinct in the Wild species[dooie skakel] as identified by the IUCN Red List of Threatened Species