Veilige spesie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Status iucn3.1 LC af.svg
Bewaringstatus
Risiko om uit sterf
Uitgestorwe

Uitgestorwe
Uitgestorwe in die wildernis

Bedreig

Kritiek bedreig
Bedreig
Kwesbaar

Laer risiko

Byna bedreig
Veilig

Sien ook

Internasionale bewaringsunie
IUBN-rooilys

’n Veilige spesie is ’n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir diere en plante wat nie kwalifiseer vir enige ander status soos bedreig, byna bedreig of krities bedreig nie.

’n Spesie kan nie in dié kategorie geplaas word sonder deeglike evaluering van sy bevolking nie. Genoeg inligting is dus nodig om te bepaal dat geen bedreiging hulle in die gesig staar nie.

Hoewel die IUBN "Veilige spesies" nie beskou as ’n ware rooilyskategorie nie, val 15 636 spesies nog in dié kategorie (soos in 2006). Dit sluit in 14 033 diere, wat verskeie ongespesifiseerde spesies insluit soos ’n padda van die genus Philautus.[1] Daar is ook 101 dieresubspesies en 1 500 plante (1 410 spesies, 55 subspesies en 35 variëteite).

Die mens is in 2008 amptelik geëvalueer en val ook in dié kategorie.[2]

Verwysings[wysig]

  1. Philautus sp. nov. 'Kalpatta'”. The IUCN Red List of Threatened Species. URL besoek op 2006-12-19.
  2. IUCN Red List - Homo sapiens”. The IUCN Red List of Threatened Species. URL besoek op 2008-10-12.

Eksterne skakels[wysig]