Verenigde atoommassaeenheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die verenigde atoommassaeenheid of dalton (simbool: u of Da) is ’n standaardeenheid van massa op ’n atomiese of molekulêre skaal. Dit is nie ’n SI-eenheid nie, maar omdat atoommassas baie klein is, is ’n spesiale eenheid daarvoor geskep. Een verenigde atoommassaeenheid is min of meer die massa van een nukleon (óf ’n enkele proton óf ’n enkele neutron) en is numeries gelyk aan 1 g/mol.[1]

Dit word gedefinieer as 112 van die massa van ’n ongebonde neutrale atoom van koolstof-12, en het ’n waarde van 1,660539040(20)×10−27 kg.[2]

Die atoommassaeenheid, met die afkorting ame of amu en sonder die "verenigde" vooraan, is tegnies ’n verouderde term wat op suurstof gebaseer was en in 1961 vervang is. Sommige bronne gebruik egter steeds die afkorting amu, maar dit verwys eintlik na u (dus gebaseer op koolstof-12).[3][4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]