Verspreiding van innovasies
Die studie van die verspreiding van innovasie is die studie van hoe, hoekom, en teen watter tempo nuwe idees en tegnologie deur kulture versprei.
Die S-Kurwe en die ingebruikneming van tegnologie
[wysig | wysig bron]Rogers het gemeen dat innovasies deur die samelewing versprei volgens 'n S-kurwe. Eers neem die vroeë ingebruiknemers die innovasie aan, dan volg die meerderheid totdat die innovasie algemeen in gebruik is.
Die tempo van tegnologie ingebruikneming word bepaal deur twee parameters:
- p is die spoed waarmee die innovasie aanvanklik in gebruik geneem word, terwyl
- q die spoed is waarteen latere groei plaasvind.
'n Goedkoop tegnologie mag dalk b.v. 'n hoë p waarde hê, wat maak dat dit vinnig in gebruik geneem word. 'n Tegnologie wat 'n netwerkeffek het mag weer 'n hoër q waarde hê; 'n voorbeeld van so 'n tegnologie is die faksmasjien, omdat die waarde van die besit van so 'n masjien toeneem soos wat meer mense faksmasjiene aankoop.
Uitsonderings en kritiek
[wysig | wysig bron]Kritici van hierdie model hou voor dat dit 'n oorvereenvoudigde voorstelling van 'n komplekse realiteit weergee. [verwysing benodig]
Ander verskynsels van ook die tempo van die ingebruikneming van 'n innovasie affekteer -
- Verbruikers sal dikwels 'n tegnologie aanpas vir hul eie doele, sodat die innovasie van gedaante verander vanaf die vroeë ingebruiknemers teenoor die latere meerderheid van verbruikers.
- Omvergooiende tegnologieë kan radikaal die verspreidingspatrone van bestaande tegnologie verander deur 'n kompeterende S-kurwe daar te stel.
- Padafhanlikheid kan sekere tegnologieë byna onherroeplik bevestig, soos wat die geval is met die QWERTY-sleutelbord.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- Rogers, Everett M. (1962). Diffusion of Innovations.
- Rogers, Everett M. (2003). Diffusion of Innovations, Fifth Edition. New York, NY: Free Press. ISBN 0-7432-2209-1.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Engelse skakels
[wysig | wysig bron]- 'n Historiese blik op die Tegnologie Ingebruiknemingleefsiklus Geargiveer 11 Oktober 2007 op Wayback Machine
- Die Verspreiding Simulasiespeletjie Geargiveer 16 Desember 2007 op Wayback Machine (Dit handel oor die aanneming van 'n innovasie in opvoeding.)
- Die Potlood Metafoor van innovasie verspreiding, veral m.b.t. IT in opvoeding
- Modellering van Markaanneming in Excel met 'n vereenvoudigde S-kurwe Geargiveer 14 Oktober 2007 op Wayback Machine