Vlae gebruik in motorwedrenne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die vlae gebruik in motorwedrenne, insluitend Formule 1, dien as kommunikasie tussen die wedrenbeheer (organiseerders) en die deelnemers (renjaers).

Vlag Betekenis
F1 chequered flag.svg Swart-en-wit geruite vlag: Die oefening, kwalifisering of wedren is voltooi/beëindig.
F1 red flag.svg
Rooi vlag: Die kompetisie word gestaak of die wedren word onderbreek/ baan gesluit.
F1 light blue flag.svg
Blou vlag: 'n Renjaer is op die punt om verbygesteek te word en moet aan die vinniger motor(s) voorrang verleen. 'n Renjaer ontvang 'n straf as hy drie blou vlae geïgnoreer het. Tydens 'n wedren word hierdie vlag slegs vertoon aan renjaers wat 'n ronde agterstand het.
F1 yellow flag.svg
Geel vlag: Daar is gevaar; renjaers moet hul spoed verminder en mag nie mekaar verbysteek nie. Geel vlae op alle poste en die SC-bord dui aan dat die veiligheidsmotor ontplooi is. 'n Dubbele geel vlag dui aan dat daar gevaar op die renlyn is, bestuurders moet nog stadiger ry en gereed wees om te stop.
F1 green flag.svg
Groen vlag: Einde van die gevaar; inhaalverbod geld nie meer nie.
F1 white flag.svg
Wit vlag: 'n Formule 1-motor of 'n ander voertuig ry stadig op die baan. Dié vlag word geswaai om ongelukke te vermy.
F1 yellow flag with red stripes.svg
Geel vlag met vertikale rooi strepe: Daar lê olie of water op die baan, die oppervlak is dus glad en gevaarlik.
F1 black and white diagonal flag.svg
Swart-en-wit vlag: 'n jaer word weens onsportiewe gedrag gewaarsku. Word saam met die motornommer van die jaer getoon.
F1 black flag with orange circle.svg Swart vlag met oranje kol op: 'n jaer word gewaarsku dat hy weens 'n tegniese probleem direk by die kuipe moet intrek. Word saam met die motornommer getoon.
Auto Racing Black.svg Swart vlag: 'n renjaer word deur die wedrenbeheer aangesê om direk by die kuipe in te trek. Dikwels lei dié tot diskwalifisering van die bestuurder vanweë 'n ernstige oortreding. Word saam met die motornommer getoon.