Vuyo Mbuli
Voorkoms
Vuyo Mbuli | |
---|---|
Gebore | Vuyolwethu Chalmers Mbuli[1] 14 Mei 1967 |
Sterf | 18 Mei 2013 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | TV- en radio-aanbieder |
Bekend vir | Morning Live |
Eggenoot | Savita |
Kinders | Siphosihle en Rhadebe. |
Vuyo Mbuli (1967-2013) was 'n Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder. Hy maak sy radio-debuut in 1995 as nuusleser op SAfm. In 1993 maak hy sy TV-debuut as 'n kontinuïteitsaanbieder op SAUK3. Hy was veral bekend as die aanbieder van die veeltalige ontbytprogram, Morning Live op SAUK2. Hy was vir 13 jaar, vanaf November 1999 tot sy dood in 2013, by die program betrokke gewees.
Ontydige dood
[wysig | wysig bron]Mbuli het op 18 Mei 2013 die rugbykragmeting tussen die Cheetahs en die Reds in die Vrystaat-stadion bygewoon. Hy het tydens die geleentheid flou geval en is na die Mediclinic in Bloemfontein gehaas, waar hy gesterf het.[2] Volgens die nadoodse ondersoek is hy aan twee bloedklonte in sy longe oorlede.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Sy volle naam op die grafsteen URL besoek op 14 Mei 2014
- ↑ Leanne Manas: Ons het magic gemaak Geargiveer 10 Junie 2013 op Wayback Machine, Nuus24, 19 Mei 2013