Wikipedia:Motorterme
Voorkoms
Woordelys
[wysig bron]Engels | Afrikaans | Kommentaar | |
---|---|---|---|
ABS (Anti-lock braking system) | SRS (sluitvrye remstelsel; sluitwerende remstelsel, sluitweer-remstelsel) | ||
accelerator | versneller, lepel, petrolpedaal | (trap die lepel in!; soortgelyk aan sit voet in die hoek!, gee vet!, gee hom gas!) | |
airbag | lugkussing, lugsak | ||
airconditioning | lugversorging | ||
automobile | motor, kar, vuurwa, outomobiel | ||
automatic gears | outomatiese ratkas/ratstelsel | ||
backfire | truknal | ||
backseat driver | bekdrywer, skouervlieg | ||
basement parking garage/cellar | parkeerkelder | ||
battery (car) | (motor)battery | ||
battery pack | batterypak | ||
battery-powered | batterygedrewe | ||
beach-buggy | duinebesie | ||
blind spot | blinde kol | ||
bodywork, coachwork | bakwerk | ||
boot | kattebak, bagasiebak | ||
breakdown lorry | kraanwa, noodwa, teëspoedwa, takelwa, hulpwa, herstelmotor | ||
brake | rem, briek, remskoen | vroeër is briek as 'n Anglisisme beskou | |
brake adjuster | remsteller, brieksteller | ||
brake band | briekband, remband | ||
brake block | remblok, briekblok | ||
brake check | remtoets, briektoets | ||
brake drum | remtrom(mel), briektrom(mel) | ||
brake fluid | remvloeistof, briekvloeistof | ||
(foot-)brake pedal | (voet)rempedaal, briekpedaal | ||
bull bar | bosbreker | ||
bumper | buffer | ||
bumper sticker | bufferplakker | ||
by-pass road | verbypad | ||
camshaft | nokas | ||
car | kar, motor, motorkar | ||
carburettor | vergasser | ||
car phone | motorfoon, motortelefoon [1] | ||
car port | motoroordak, motorskuiling | motorafdak | |
car-sick(ness) | motorsiek(te), karsiek(te) | ||
car theft | motordiefstal, kardiefstal | ||
catalytic converter | kataliseeromsetter (1990's) katalisator-omsetter, (uitlaat)katalisator | ||
central locking system | sentrale sluitstelsel | word verkort na sentrale sluiting (central locking) | |
charge | laai | ||
charging spot | herlaaipunt | soos vir elektriese motors | |
chassis | onderstel | ||
chauffeur | chauffeur, motorbestuurder | ||
check nut | sluitmoer | ||
choke | smoorklep | ||
chromium plating | chroombeslag | ||
climate control | klimaatbeheer | ||
climbing lane | klimbaan | ||
clutch (pedal) | koppelaar (pedaal) | ||
continuous track | kruiptrekker | ||
continuously variable transmission (CVT) | palwisselratstelsel | ||
coil springs | krulvere | ||
common rail | gemene drukbuis direkte brandstofinspuiting | ||
company car | maatskappymotor | firmamotor | |
concept car | konsepmotor | ||
convertible | afslaankap | ||
cotton waste | poetskatoen, afvalkatoen | ||
crankshaft | krukas | ||
crossover (SUV) | oorkruis SNV | ||
cubby-hole | klapkassie, paneelkassie, mossienes | ||
CV joint | konstantesnelheidslasas, KS-koppeling | ||
diesel engine | dieselenjin, dieselmotor | dieselmotor kan maklik met die motorsoort verwar word. | |
dip lights | wiplampe | ||
DOHC | dubbele bonokas | ||
dome light | daklig | ||
drive-by-wire | elektroniese (skakellose) versneller[2] | ||
driving licence | rybewys, bestuurslisensie | bestuurslisensie is vroeër as Anglisisme beskou; pryk tans bo-aan die uitgereikte Suid-Afrikaanse dokument | |
driving academy | stuurakademie (vroeë 1990's), bestuurskool (sedert die middel-1990's) | ||
dud | prul(motor) | ||
engine | enjin, motor | ||
engine control unit | enjinbeheereenheid | ||
engine displacement | enjinverplasing | ||
electric windows | elektriese vensters | kragvensters | |
event data recorder (EDR) | ritopnemer[3] | vergelyk vlugopnemer (Black Box) van 'n vliegtuig | |
exhaust system | uitlaatstelsel | ||
family car | gesinsmotor | ||
flywheel | vliegwiel | ||
following distance | volgafstand | ||
4x4 (vehicle) | viertrekvoertuig | ||
four-wheel drive | vierwielaandrywing | ||
four-speed automatic (gear) | viergangoutomaties | ||
four-speed gearbox | viergang-ratkas | ||
four-speed manual (gear) | vierganghandrat | ||
four-speed automatic gearbox | outomatiese viergang-ratkas | ||
fuel cell | brandstofsel | ||
fuel cell technology | brandstofseltegnologie | ||
fuel efficiency | brandstofdoeltreffendheid | ||
fuel injection | brandstofinspuiting | ||
fuel tank | brandstoftenk | ||
fuel usage | brandstofverbruik | ||
fuse | sekering | ||
garage | motorhuis (tuis), motorhawe (versiening) | ||
gasket | pakking (tussenlaag) | pakstuk, verseëlstuk | |
gear lever | rathefboom | ratkierie | |
gear (-lever) knob | rathefboomknop | ||
gearbox | ratkas | ||
gear console | ratkonsole | ||
gear case | ratomhulsel | ||
gear-housing | rathulsel | ||
go-kart | knortjor | ||
goggles | stofbril | ||
gull-wing door | wipdeur, vleueldeur, vlerkdeur | ||
hand brake | handrem, handbriek | ||
hatchback | luikrug(motor) | skuinsrug | |
head-on collision | kop-aan-kop-botsing, frontbotsing | ||
hearse | lykswa | ||
hell driver (speed-merchant; speed maniac) | jaagduiwel | ||
hibrid engine | hibriedmotor, hibriedenjin | ||
Homogeneous Charge Compression Ignition (HCCI) | Homogene Lading Kompressie Ontsteking (HLKO) | ||
honeycomb radiator | heuningkoekverkoeler | ||
hot rod | hitstjor, hitsmotor | ||
hydrogen car | waterstofmotor, waterstofkar | ||
hydrogen-powered | waterstofaangedrewe, waterstofgedrewe, waterstofaangevuurde | ||
indicator | flikkerlig, rigtingwyser | ||
internal combustion engine | binnebrandmotor, binnebrandenjin | ||
jack (lifting jack) | domkrag | ||
kerb, kerbstone, curb | randsteen, rantsteen | ||
luggage room | bagasieruimte | ||
lead replacement petrol | loodvervangingspetrol | loodvrye petrol | |
leaf spring | bladveer | ||
learner's licence | leerlinglisensie; leerlingrybewys | ||
leg room | beenruimte | ||
mechanic | (motor)werktuigkundige | ||
mechanical horse | voorhaker | ||
multi-purpose vehicle (MPV) | veeldoelvoertuig (VDV) | ||
motorist | motoris | ook motorryer of motorbestuurder | |
number plates | nommerplate | ||
on-board computer | motorrekenaar, aanboordrekenaar, ritrekenaar | ||
pavement | sypaadjie | ||
pedestrian(s) | voetganger(s) | ||
personal number plates | persoonlike nommerplate | koesternommerplate (uit Brits-Engels, cherished number plates) kon in die vroeë 1990's as alternatief gebruik word [4] | |
petrol price | petrolprys | ||
pick-up truck | bakkie | ||
rally car | tydrenmotor | ||
road accident fund | padongelukkefonds, padfonds (voorheen Multilaterale Motorvoertuig-Ongelukkefonds) | ||
road rage | padwoede | ||
road side assistance | padbystand | ||
roof rack | dakrak | ||
rear wheel drive | agterwielaandrywing | ||
rims | vellings, wielvellings | ||
running costs | loopkoste | ||
safety belt | veiligheidsgordel, redgordel | ||
satellite navigation | satellietnavigasie | ||
sedan | sedan, toemotor | ||
silencer | knaldemper | ||
spare tyre | noodwiel, spaarwiel | spaarwiel is vroeër as Anglisisme beskou | |
sport-utility-vehicle (SUV) | sportnutsvoertuig (SNV) | word verkort na sportnuts | |
spot fine | afkoopboete | ||
stall | staak, stol, kets, vrek | ||
stalling-speed | deursaksnelheid, staaksnelheid | ||
station wagon (Brits: estate car) | stasiewa (landgoedmotor) | ||
steering wheel | stuurwiel, stuur | ||
stratified charge engine | gelaagdeverbranding-enjin | ||
sump | oliebak | ||
SUV | SNV | ||
taxi war | taksi-oorlog | ||
timing chain/belt | tydreëlketting/band | ||
Tin Lizzie | Blik-Liesbet | spotnaam | |
traction control system | wieltolbeheer | ||
traffic jam | verkeersknoop, verkeersophoping, verkeerstremming, verkeersversperring | ||
traffic light | robot, verkeerslig | ||
throttle | handversneller | ||
unleaded petrol | loodvrye petrol | ||
ventilated disks | geventileerde remskywe | ||
wind screen | voorruit, windskerm | ||
wipers | ruitveërs | ||
work shop | werk(s)winkel, by implikasie motorhawe/garage |
Verwysings
[wysig bron]- ↑ Motorfoon baie duur... maar baie gewild, Beeld, 15 November 1991
- ↑ Huisgenoot. 23 November 2006. no. 493. p. 165: Die dieselenjin, met sy dubbele bonokasse, sestien kleppe en elektroniese, skakellose versneller (drive-by-wire) lewer 66 kW en 'n indrukwekkende 204 Nm wringkrag tussen 1 500 en 3 000 r.p.m.
- ↑ Onderwyser ontwerp swart kissie, Beeld 03 Desember 2002.
- ↑ Nuusbrief aan AA-lede (1992), bl. 13: ...'n voorstel aan die Departement van Vervoer oor die moontlike instelling van persoonlike (koester-) nommerplate;...