Wjatsjeslaf Zoedof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wjatsjeslaf Dmitrijewitsj Zoedof
 
Naam: Wjatsjeslaf Dmitrijewitsj Zoedof
Geboorteland: Sowjetunie
Bekendheid: Ruimtevaarder
Geboortedatum: 8 Januarie 1942, Bor
Rang: Kolonel, Lugmag van die Sowjetunie
Gekose: in 1965 gekies om 'n ruimtevaarder te wees
Ruimtetyd: 2d 00u 06m
Sending: Sojoes 23

Wjatsjeslaf Dmitrijewitsj Zoedof, gebore op 8 Januarie 1942 in Bor, Gorki-oblast, Rusland, was 'n ruimtevaarder van die Sowjetunie.

Hy is op 23 Oktober 1965 gekies om 'n ruimtevaarder te wees. Op 14 Oktober 1976 was hy die gesagvoerder van 'n sending met die Sojoes 23 na die ruimtestasie Saljoet 5.

Zoedof het op 14 Mei 1987 met pensioen gegaan. Hy is getroud met twee kinders.