X-Men-filmreeks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
X-Men films logo.png

Die X-Men filmreeks is 'n reeks lewendige aksie rolprente wat gemaak is van die superheldgroep X-Men van die Marvel Comics fiksie tydskrifte. Die karakters is ontwikkel deur Stan Lee en Jack Kirby. Die rolprente word almal deur 20th Century Fox vervaardig.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

In 1994 het 20th Century Fox die filmregte vir die X-Men-strokiesprente en -karakters gekoop. Regisseur Bryan Singer is gehuur om die eerste rolprent te regisseer. Dit is vrygestel in 2000. Singer het ook die regie van die opvolg, X2, wat in 2003 verskyn het, behartig. Hy het egter nie sy kontrak vir 'n uiteindelike derde en vierde rolprent hernu nie, aangesien hy op Superman Returns wou fokus. Brett Ratner het die regie oorgeneem vir die derde film, X-Men: The Last Stand (2006). Die twee X-Men films van Singer was albei lokettreffers en is geprys vir hul donker, realistiese ondertone. Ratner se film, aan die ander kant, het minder lof ontvang.

Na hierdie trilogie het ander films daaruit voortgevloei. Die eerste, X-Men Origins: Wolverine (2009), is geregisseer deur Gavin Hood en fokus op die verlede van die karakter Wolverine. Die opvolg, X-Men: First Class (2011), wentel om die verlede van Charles Xavier en Magneto. The Wolverine (2013), het 'n opvolg van The Last Stand geword, X-Men Origins: Wolverine het swak gevaar en gemengde reaksies gekry, maar First Class en The Wolverine is weer goed ontvang deur beide kritici en die publiek.

Deadpool is in Februarie 2016 vrygestel. Hierdie rolprent het 'n laer produksiebegroting ($58 miljoen) as vorige rolprente ontvang, maar was 'n reuse sukses, beide krities en kommersieel. Deadpool, met meer as $780 miljoen se inkomste wêreldwyd, het die meeste van alle X-Men-rolprente ingesamel.

X-Men: Apocalypse, wat in Mei 2016 vrygestel is, was 'n storielyn-opvolger van X-Men: Days of Future Past.

By CinemaCon 2019 is amptelik aangekondig dat X-Men: Dark Phoenix die finale film oor die avonture van die X-Men sal wees. Daarna het Emma Watts, Fox se uitvoerende direkteur, bevestig dat The New Mutants die laaste in die filmreeks sal wees. Alhoewel hierdie film aanvanklik veronderstel was om die eerste deel van 'n trilogie te wees, is die oorblywende twee films gekanselleer met Disney se verkryging van 20th Century Fox.

Met 12 rolprente tot dusver en 'n totale inkomste van $6 miljard wêreldwyd, kom die X-Men-filmreeks agtste op die lys van filmreekse met die hoogste inkomste ooit.[1][2][3][4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Jensen, Jeff (Julie 21, 2000). "X-Men — Marvel's mutants leap onto the big screen". Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2015. Besoek op 8 Augustus 2007.
  2. Molloy, Tim (25 Maart 2012). "Chris Claremont's Dream X-Men Movie: James Cameron, Kathryn Bigelow, and Bob Hoskins as Wolverine". TheWrap.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2016. Besoek op 11 Oktober 2014.
  3. Seymour, Craig (10 Mei 2000). "Buffy creator slams The X-Men movie". Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2017. Besoek op 22 Mei 2007.
  4. Schmitz, Greg Dean. "Greg's Preview – X-Men". Yahoo!. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2007. Besoek op 11 Julie 2007.