Yokosuka D4Y
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Yokosuka D4Y | |
---|---|
Tipe | Duikbomwerper |
Vervaardiger | Yokosuka |
Nooiensvlug | November 1940 |
Vrygestel | 1942 |
Onttrek | 1945 |
Status | Uit diens onttrek |
Hoofgebruiker | Japannese Vlootlugmag |
Aantal gebou | 2 038 |
Die Yokosuka D4Y was 'n eenmotorige duikbomwerper wat deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig het in November 1940 sy nooiensvlug afgelê. Dit was die eerste vliegtuig vir die Japannese Vlootlugmag sedert 1932 wat met 'n inlynenjin toegerus is, tot op daardie stadium is sterenjins gebruik.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Aichi Atsuta 32 omgekeerde V-tipe |
Kraglewering per motor | 1 400 perdekrag |
Vlerkspan | 11,49 m |
Lengte | 10,22 m |
Hoogte | 3,74 m |
Maks. opstygmassa | 4 353 kg |
Maks. snelheid | 589 km/h op 5 250 m |
Operasionele hoogte | 10 720m |
Togafstand | 1 205 km |
Bewapening | Twee 7.7 mm masjiengewere in bokant van enjin, een 7.7 mm masjiengeweer agter in kajuit. |
Bomvrag | 250 kg in bomlaai, een 30 kg bom onder elke vlerk. |
Bron
[wysig | wysig bron]- Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012 ISBN 978-0-7537-2172-8