Łódź

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Łódź
Lodz Manhattan-01.jpg

Kaart Wapen
POL Łódź map.svg
POL Łódź COA.svg
Vlag
POL Łódź flag.svg
 Land Vlag van Pole Pole
 Woiwodskap Flag of Lodzkie.svg Łódź
 Koördinate 51°45′N 19°28′O
 Stigting (eerste verwysing) 1332
 Stadstatus 1423
 Oppervlakte:  
 - Totaal 294,4 vk km
 Hoogte bo seevlak 162-278 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2010) 737 098
 - Bevolkingsdigtheid 2 503,7/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 428 600
 Tydsone MET (UTC +1)
 - Somertyd MEST (UTC +2)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie - °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 550-600 mm
 Stadspresident vakant
 Amptelike Webwerf www.uml.lodz.pl/

Łódź (['wut͡ɕ] , Duits ook Lodz of Lodsch, 1940–1945: Litzmannstadt) is die derde grootste stad van Pole en die administratiewe sentrum van die gelyknamige woiwodskap. Die stad, wat sowat 120 kilometer suidwes van die hoofstad Warskou in die sentrum van die land geleë is, is die setel van 'n universiteit en die Nasionale Filmskool van Pole.

Toe die destydse tsaristiese "Kongres-Pole" in 1820 besluit het om van Łódź die sentrum van die Poolse tekstielbedryf te maak, was dit nog 'n klein markdorpie. Die stad is volgens die vereistes van die nywerheidsomwenteling aangelê en het vinnig tot 'n trekpleister vir duisende boere uit die omgewing asook beleggers uit Pole en die buiteland ontwikkel. Die opheffing van die doeanegrens tussen Pole en Rusland in 1850 het verdere stukrag aan Łódź se florerende nywerhede gegee. In die tweede helfte van die 19de eeu was Łódź reeds die belangrikste tekstielstad ter wêreld en 'n metropool met 'n kosmopolitiese karakter waarna soms as die "Manchester van Pole" verwys is.

In die eerste helfte van die 20ste eeu het sake vir die tekstielbedryf begin versleg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Łódź deur Duitse troepe beset en die eerste Joodse ghetto in Pole opgerig. Die sowat 260 000 Joodse bewoners, wat hier aangehou is, was reeds deur uithongering bedreig toe hulle na die verdelgingskampe gedeporteer is.

Vandag is Łódź steeds 'n belangrike nywerheidstad en kulturele metropool met 'n verskeidenheid museums en ander instellings. Łódź tree gereeld as gasheerstad vir kulturele feeste op.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Łódź (kategorie)