Afrikaanse wielewaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Afrikaanse wielewaal
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Oriolidae
Genus: Oriolus
Spesie: O. auratus
Binomiale naam
Oriolus auratus
Vieillot, 1817

Die Afrikaanse wielewaal is 'n skaars somerstandvoël.

Identifikasie[wysig]

Die mannetjie is die geelste onder die wielewale, met 'n duidelike swart streep wat deur sy tot by sy oordekvere strek. Jonges het ook 'n swart oogstreep. Die wyfie is nie so helder soos die mannetjie nie, met 'n groener rugkant en 'n bleker onderkant. Hulle word tot 24 cm lank.

Habitat[wysig]

Die voël kom oral in goed ontwikkelde boomveld of oewerbos voor.

Verspreiding[wysig]

In Suid-Afrika kom hulle slegs in die noordelike gedeeltes van die Krugerwildtuin en Limpopoprovinsie voor. Verder strek die verspreiding oor die noordelike deel van Mosambiek, die hele Zimbabwe, die noord-oostelike Botswana, die Caprivistrook en noordelike deel van Namibië.

Geluid[wysig]

Hul helder fluite "wiee-er-er-woel" of "fiee-joee-fiee-joee-fiee-joee" is langer as die swartkopwielewaal s'n.

Ander name[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]