Amphicoelias

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amphicoelias
Tydperk: Laat Jura 150 m. jaar gelede
Ook: Amfiselias
Oorspronklike illustrasie van A. fragillimus.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Sauropsida
Superorde: Dinosauria
Orde: Saurischia
Suborde: Sauropodomorpha
Familie: Diplodocidae
Genus: Amphicoelias
(Cope, 1878)
Tipe-spesie
Amphicoelias altus
(Cope, 1878)
Spesies
  • A. altus
  • A. fragillimus
Amphicoelias
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Orde: Saurischia
Suborde: Sauropodomorpha
Superfamilie: Diplodocoidea
Genus: Amphicoelias
(Cope, 1878)

Amphicoelias (van die Griekse αμφι amphi, "aan albei kante", en κοιλος koilos, "hol", "konkaaf") is ’n genus plantvretende souropode-dinosourusse wat A. fragillimus, dalk die grootste dinosourus wat nog ontdek is, insluit. Gebaseer op beskrywings van ’n enkele fossiele been, kon A. fragillimus die langste gewerwelde nog gewees het, van 40 tot 60 m lank. Dit kon tot 122 ton geweeg het. Omdat dié been weggeraak het nadat dit in die 1870's bestudeer en beskryf is, is tekeninge en notas die enigste bewyse. Die fossiel is in die Morrison-formasie in Wes-VSA gevind.[1]

Die tipe-spesie van Amphicoelias, A. altus, het in 1877 sy naam gekry van die paleontoloog Edward Drinker Cope. Dit was gebaseer op ’n onvolledige skelet.[2]

Verwysings[wysig]

  1. Foster, J. (2007). "Appendix." Jurassic West: The Dinosaurs of the Morrison Formation and Their World. Indiana University Press. pp. 327–329.
  2. Cope, E.D. (1878a). "On the Vertebrata of the Dakota Epoch of Colorado." Proceedings of the American Philosophical Society, 17: 233–247.