Eendvoëls

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Anatidae)
Spring na: navigasie, soek
Anatids
Fluiteend (Dendrocygna bicolo)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Anseriformes
Familie: Anatidae
Vigors, 1825

Anatidae of Eendvoëls is die biologiese familie wat die eende en meeste eendagtige waterhoenders soos ganse en swane insluit. Die Ekstergans (Engels: Magpie-goose) word nie meer beskou as deel van die Anatidae en word in sy eie familie, Anserannatidae geplaas. Die familie bestaan uit voëls wat aangepas is vir swem, op die oppervlak van water dryf, en in sommige gevalle om ten minste in vlak water te duik. Hulle het gewebde pote en snawels wat tot 'n mindere of meerdere mate plat geword het. Hulle vere skud water uitstekend af as gevolg van spesiale olies. Eend-, see-eend- en gansvere en dons is reeds lank gewild vir donskomberse, kussings, slaapsakke en jasse. Die lede van die familie word ook reeds lank vir voedsel gebruik. Terwyl die status van die Anatidae as 'n familie voor die hand liggend is, en daar min debat is oor watter spesies behoorlik daaraan behoort, word die verwantskap tussen die verskillende subfamilies daarbinne swak verstaan.


Sien ook[wysig]