Avenue des Champs-Élysées

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Avenue des Champs-Élysées street sign, Paris, France - 20100619.jpg

Avenues des Champs-Élysées


Ligging

8ste Arrondissement
Parys, Frankryk



Lengte

1 910 meter


Wydte

70 meter

Die Avenue des Champs-Élysées [avəˌnydeˌʃɑ̃zeliˈze] in Parys, dikwels kort Champs-Élysées of, in die omgangstaal, ook Les Champs genoem, is een van die bekendste en mees gesogte praglane ter wêreld. Die laan is in die 8ste Arrondissement in die noordweste van die Franse hoofstad geleë en loop tussen die pleine Place de la Concorde en Place Charles de Gaulle.

Die Avenue des Champs-èlysées

Rolprentteaters, koffiehuise en luukse winkels verskaf 'n wye verskeidenheid vermaak, terwyl ook bekende monumente en toeristetrekpleisters soos die Paryse Triomfboog (Arc de Triomphe) en die fonteine van Place de la Concorde langs die laan geleë is. Die Avenue des Champs-Elysées maak deel uit van Parys se Axe historique of "Koninklike Pad", 'n reguit lyn wat van die befaamde Louvre-museum tot die sakebuurt La Défense met sy wolkekrabbers loop en waarlangs baie van Parys se bekende monumente en historiese geboue geleë is.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: