Bad Homburg vor der Höhe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bad Homburg vor der Höhe
Bad-homburg-dorotheenstrasse-002.jpg
Official seal of Bad Homburg vor der Höhe
Seël
Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging van Bad Homburg vor der Höhe op 'n kaart (Duitsland)
Bad Homburg vor der Höhe
Bad Homburg vor der Höhe
Ligging in Duitsland
Koördinate: 50°14′N 08°37′O
Land Vlag van Duitsland Duitsland
Deelstaat Hesse
Administratiewe streek Darmstadt
Administratiewe distrik Hochtaunuskreis
Regering
 - Burgemeester Michael Korwisi (Die Grünen)
Oppervlak
 - Stad 51,14 km²  (19,7 vk m)
Hoogte 194 m (636 vt)
Bevolking (30 Junie 2014)
 - Stad 52 535[1]
 - Digtheid 1 027/km² (2 659,9/myl2)
Tydsone MET (UTC+1:00)
 - Somer (DST) MEST (UTC+2:00)
Poskode 61348, 61350, 61352
Skakelkode(s) 06172
Webwerf: www.bad-homburg.de

Bad Homburg vor der Höhe (amptelik Bad Homburg v. d. Höhe) is die administratiewe setel van die distrik Hochtaunuskreis en een van sewe stede in die Duitse deelstaat Hesse met besondere status. Vandag is Bad Homburg danksy sy warm mineraalbaddens 'n gewilde herstellingsoord en kongresstad met 52 000 inwoners.

Bad Homburg is aan die voet van die Taunus-bergreeks, naby Frankfurt am Main en in die metropolitaanse Ryn-Main-gebied geleë. Die plaaslike spabedryf is in 1834 met die ontdekking van die mineraalbron Elisabethbrunnen gevestig. Agt jaar later is die eerste badhotel en kasino geopen. Keiser Wilhelm II het die kasteel van Homburg in 1888 tot sy somerresidensie verklaar. Die amptelike Duitse predikaat Bad, wat na 'n herstellingsoord met warm- of mineraalbaddens verwys, is in 1912 aan die stad toegeken. Voor die Eerste Wêreldoorlog was die mineraalbaddens veral gewild by Russiese adellikes. Bad Homburg se groot Russies-Ortodokse kerkgebou herinner nog aan dié tyd.

Die plaaslike kasino, wat in die 19de eeu deur die gebroeders Blanc gestig is, was in sommige opsigte die voorloper van sy susteronderneming in Monte Carlo, Monaco.

Bad Homburg word deur welvarende woonbuurte met villa's gekenmerk en dien as woonplek vir talle pendelaars wat in Frankfurt am Main werk. Danksy die groot getal ondernemings, wat hulle hier gevestig het, is daar egter meer pendelaars wat uit ander nedersettings Bad Homburg toe kom. Die koopkrag van sy bewoners was in 2012 met 156 merkbaar hoër as die gemiddelde vir Duitsland (100 persent).

Verwysings[wysig | wysig bron]