Bart Simpson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Bartholomew Bart Jo-jo Simpson (uitgespreek "Baart") (10 jaar oud) is 'n geanimeerde tekenprentkarakter in die televisiereeks The Simpsons. Hy is die oudste kind en enigste seun van Homer en Marge Simpson en broer van Lisa en Maggie. Bart is een van die mees bekende tekenprentkarakters ter wêreld.