Beatrice, Zimbabwe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Beatrice
Ligging van Beatrice op 'n kaart (Zimbabwe)
Beatrice
Beatrice
Koördinate: 18°16′0″S 30°52′0″O Koördinate: 18°16′0″S 30°52′0″O
Land Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Provinsie Masjonaland-Oos
Distrik
Bevolking (1982)
 - Stad 1 300
Tydsone SAT (UTC+2)

Beatrice is 'n dorpie in Zimbabwe aan die pad tussen Chivhu en Harare, 55 km noord van hier, met 'n geraamde bevolking in 2007 van 1 652.

Die vernaamste bedryf was tradisioneel die landbou, hoewel dit in duie gestort het sedert 2000. Dit is na Beatrich Borrow, die suster van H.J. Borrow, wat mynregte in die gebied besit het, vernoem. Die myn is lankal uitgeput, maar dit is geleë in 'n gebied met vrugbare grond wat lank 'n vooruitstrewende landbougebied was.

'n Gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk is in 1957 hier gestig, wat in 2007 sowat 50 lidmate gehad het en deur 'n predikant van Harare bearbei is.

Bronne[wysig]

  • Mayhew, Vic (red.), Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.