Harare

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Harare
Harare.jpg

Kaart Vlag
Zimbabwekaart.png
Flag of Harare.svg
Wapen
Coat of arms of Harare.svg
 Land Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
 Provinsie Harare
 Koördinate 17°51′S 31°01′O
 Gestig op 1890
 Oppervlakte:  
 - Totaal 872 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 490 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 1 600 000
 - Bevolkingsdigtheid 1 834/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 800 111
 Tydsone UTC +2
 Burgemeester Muchadeyi Masunda

Harare (voormalig, tot 1982 Salisbury) is die hoofstad van Zimbabwe. Die stad is Zimbabwe se grootste en die land se administratiewe, kommersiële en kommunikasiemiddelpunt. Dit is 'n handelsentrum vir tabak, mielies, katoen en sitrusvrugte. Vervaardigingsbedrywe sluit tekstiele, staal en chemiese stowwe in. Goud word in die omgewing ontgin. Die bevolking is in 2008 op 1 661 675 geraam.

Die stad is in 1890 gestig as 'n fort deur die Pioneer Column, 'n huurleër wat deur Cecil Rhodes op die been gebring is. Die stad het oorspronklik as Salisbury bekendgestaan, genoem na die 3e markies van Salisbury, Robert Arthur Talbot Gascoyne-Cecil, toe Britse eerste minister. Dit het 'n stad geword in 1935. Salisbury was die hoofstad van die Federasie van Rhodesië en Njassaland vanaf 1953 tot 1963.

Met die tweede herdenking van Zimbabwiese onafhanklikheid op 18 April 1982 is die stad se naam na Harare verander, vernoem na die Sjona hoofman Neharawa.

Sedert vroeg in die 21ste eeu is Harare nadelig geraak deur die politieke en ekonomiese krisis wat Zimbabwe na die presidensiële verkiesing van 2002 beleef.

Harare is die tuiste van die Universiteit van Zimbabwe.

Harare deel die eenhonderd-en-veertigste plek op die tydskrif The Economist se ranglys van die wêreld se mees leefbare stede.[1]

Bronne[wysig]

  1. Urban idylls, Economist.com.