British Airways

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
British Airways
British Airways Boeing 737
IATA: BA
ICAO: BAW
Roepsein: Speedbird/Shuttle
Gestig: 1924 (as Imperial Airways)
Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy
Hoofkwartier: Londen
Hooflughawe: Londen-Heathrow
Londen Gatwick
Voorsitter: Willie Walsh
Passasiers 33 miljoen (2008)
Werknemers 49 490 (2007)
Omset: 883 miljoen GBP
Bonusprogram: Executive Club
Alliansie: Oneworld
Bestemmings: 222 Lughawens in 95 Lande
Vloot: 235
Webtuiste: http://www.ba.com
Waterside

Die Britse lugdiens British Airways (IATA: BA; ICAO BAW) is die grootste lugvaartmaatskappy in die Verenigde Koninkryk en een van die grootste lugvaartmaatsappye ter wêreld met 'n groot aantal vlugte vanuit Europa na Noord-Amerika. British Airways vlieg na meer as 200 bestemmings wêreldwyd en is 'n lid van die lugvaartalliansie Oneworld Alliance. Saam met sy deelgenote van die Oneworld Alliance vlieg British Airways na meer as 600 bestemmings wêreldwyd. British Airways is in 1974 gevorm deur die samesmelting van die staatsbedrywe British Overseas Airways Corporation en British European Airways.

Vloot[wysig]

Die volgende tabel gee 'n oorsig oor die vloot van British Airways in Junie 2008. Daar is nog 24 Boeing 787 en 12 Airbus A380 op bestelling wat in die toekoms die vloot van Boeing 747s sal moet vervang.

Vliegtuig Aantal
Airbus A319-100 33
Airbus A320 26
(18 bestellings)
Airbus A321 8
(4 bestellings)
Boeing 737-300 5
Boeing 737-400 19
Boeing 737-500 9
Boeing 747-400 57
Boeing 757-200 13
Boeing 767-300ER 21
Boeing 777-200 5
Boeing 777-200ER 40 (4 bestellings)
Boeing 787-8 0 (8 bestellings)
Boeing 787-9 0 (16 bestellings)
Airbus A380 0 (12 bestellings)

Eksterne Skakels[wysig]

Bronne[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.