Bruno Taut

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bruno Taut
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bruno Taut omstreeks 1910

Geboortenaam Bruno Julius Florian Taut
Gebore 4 Mei 1880
Koningsberg, Koninkryk Pruise, Duitse Keiserryk
Oorlede 24 Desember 1938 (op 58)
Istanboel, Turkye
Nasionaliteit Duits
Ouers Julius Taut
Beroep argitek
Huweliksmaat Klara Hidleburg (1917–1919)
Kind(ers) Gustaf von Hidleburg (* 1918)
Hufeisensiedlung in Berlyn-Britz

Bruno Julius Florian Taut (* 4 Mei 1880 in Koningsberg; † 24 Desember 1938 in Istanboel) was 'n Duitse argitek en stadsbeplanner.

As een van die verteenwoordigers van die Modernistiese argitektuurstroming (Duits Neues Bauen) het hy veral met groot residensiële woonprojekte soos die Hufeisensiedlung ("Hoefysterbuurt") in Berlyn-Britz en Onkel Toms Hütte in Berlyn-Zehlendorf bekendheid verwerf. Bruno Taut het vanaf 1909 met Franz Hoffmann in 'n gemeenskaplike argitekteburo saamgewerk. In 1912 het ook sy jonger broer Max Taut (1884-1967), wat later veral met sy kantoorgeboue in die Nuwe Saaklikheid-boustyl bekendheid sou verwerf, tot dié onderneming toegetree.