Callovium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Kryt Vroeg Berriasium jonger
Jura Laat Titonium 145,0–152,1
Kimmeridgium 152,1–157,3
Oxfordium 157,3–163,5
Middel Callovium 163,5–166,1
Batonium 166,1–168,3
Bajosium 168,3–170,3
Aalenium 170,3–174,1
Vroeg Toarsium 174,1–182,7
Pliensbachium 182,7–190,8
Sinemurium 190,8–199,3
Hettangium 199,3–201,3
Trias Laat Rhaetium ouer
Die verdeling van die Jura (IKS).

Die Callovium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Middel-Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 166,1 tot 163,5 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Batonium en gevolg deur die Oxfordium.

Naam en definisie[wysig]

Die Callovium is deur die Franse paleontoloog Alcide d'Orbigny genoem na Callovium, die Latynse naam vir Chalivoy-Milon in Frankryk. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Kepplerites en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniet Brightia thuouxensis.

Verwysings[wysig]

  1. Gradstein et al. (2012)

Bronne[wysig]

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.